Sport

Hier word ʼn baie wye verskeidenheid sport aangebied. Elke leerder kry die geleentheid om deel te neem aan ʼn sport volgens elke unieke leerder. Daar word op massa deelname gefokus. Afrigters fokus daarop om die beste vir elke kind te bied. Alle ouderdomme kry die kans om deel te neem.

Rugby

Laerskool Muldersdrif se rugby seisoen begin vroeg in Februarie en strek tot Julie elke jaar. Laerskool Muldersdrif speel ‘n hele klomp vriendskaplike wedstryde elke jaar vir opwarming vir die Liga seisoen wat in kwartaal twee plaasvind. Ons neem deel aan die Premier Liga.

Ons fokus op massa deelname en wil so veel leerders moontlik blootstelling gee aan die sportsoort. Daar word gefokus op vaardige en ontwikkeling van spelers vir die toekoms om die beste uit elke speler uit te kry.

Laerskool Muldersdrif gaan verseker nog Springbokke by sy lys voeg soos Willem Alberts

Netbal

Mullies netbal word gespeel van O/6 tot O/13. Ons streef na massa deelname; ons glo daar lê in elke speler ‘n saadjie wat wag om te ontkiem. Elke jaar woon al ons O/10 tot O/13 spanne gespesialiseerde kampe by om hul talente te help ontgin. Spangees, harde werk en genot is ons resep vir sukses.

Krieket

Ons het die afgelope jare baie goed presteer op die krieketveld. Laerskool Muldersdrif het menige leerders wat vir Gauteng – Wes verkies is. Ons het ook Gauteng spelers opgelewer.

Laerskool Muldersdrif het ook menigmale die Gauteng – Wes liga gewen. Ons afrigters en leerders leef ons liefde vir krieket voluit uit. 

In 2022 het krieket by Laerskool Muldersdrif `n fenominale groei beleef. Daar is in totaal `n 100 krieketwedstryde gespeel van O/6 tot O/13.

Tennis

Kom sluit gerus aan by Mullies tennis. As jy wil speel vir ontspanning of as jy ʼn beginner is, is dit geen probleem nie. Kom speel saam op Maandae middae na skool. Daar word gereeld vriendskaplike rondomtalies gereël waar ons teen ander skole speel- slegs vir die pret!

Die meer ernstige tennisspeler word uitgenooi om deel te word van ons ligaspanne. Daar is geleenthede om tot op D2-vlak te presteer!

Ons sien uit om jou op die tennisbane te sien!

Mini-Netbal

Die Mini-Netbal sluit ouderdomsgroepe van 0/6 tot 0/9 in. Ons fokus op massa-deelname en ontwikkeling met die oog om basiese vaardighede en genot vir die spel te ontwikkel.  

Leerders leer spanwerk en uithouvermoë. By Mullies wil ons ʼn liefde vir netbal by die leerders kweek.

Swem

Laerskool Muldersdrif se swem seisoen begin in September. Proewe word gehou waartydens `n swemspan gekies word wat  in Oktober aan vriendskaplike ligawedstryde deelneem in Krugersdorp.  Muldersdrif lewer elke jaar puik swemmers op, wat ons elke jaar tydens die Krugersdorp kampioenskappe trots maak.

Hokkie

Ons ses tot nege jariges neem reeds deel aan hokkie. Mullies se juniors speel meestal vriendskaplike wedstryde. Die spanne bestaan uit seuns en dogters en hulle speel gemengde wedstryde.

Ons senior spanne speel in die Elite liga in die D2-streek. Ons dogters spanne sluit die ouderdomsgroepe vanaf 0/10 tot 0/13 in.

Ons het ook twee seuns spanne. Die junior seunspan bestaan uit 0/10 en 0/11 seuns. Die seniorspan bestaan uit 0/12 en 0/13 leerders.

Ons het ook leerders wat jaar na jaar vir die D2-span kwalifiseer en gekies word vir die provinsiale span (Southern Gauteng).

Landloop

Mullies neem graag deel aan die Super 12 se landloop-byeenkoms. Ons geniet dit ook om aan die ligas wat deur Laerskool Hekpoort en Laerskool Bekker aangebied word, deel te neem. Landloop begin met die 0/9 leerders, die jonger maats mag egter saam met die 0/9 leerders deelneem. Byeenkomste vind meestal op Vrydae middae plaas.

Die kortste afstand is 2 km. Maats wat baie goed vorder tydens die liga deelnames, staan ook ‘n kans om die Krugersdorpspan te haal. Daarna kry hulle die geleentheid om vir die D2-span te kwalifiseer.

Skaak

By Laerskool Muldersdrif speel ons van Januarie tot November skaak.  In samewerking met SJ Skaak-akademie kry ons leerders kwaliteit afrigting en neem aan verskeie skaaktoernooie deel.  Alle leerders vanaf Gr. 1 tot Gr. 7, wat belangstel, mag gratis inskakel by die skaakklasse op Vrydag-oggende om 06:30. Skaak ontwikkel en bevorder verskeie vaardighede soos verstandelike – en sosiale ontwikkeling, konsentrasie en probleemoplossing. Lewensvaardighede, logiese denke asook waardes soos deursettingsvermoe en pligsgetrouheid word ook bevorder.

Skaakmat is ons laaste woord!

Kontak ons

Hoek van Hendrik Potgieter en R28
Muldersdrif, Krugersdorp, Gauteng

011 662 1929 · admin@mullies.net

 

Kontak ons

 

Hoek van Hendrik Potgieter en R28
Muldersdrif, Krugersdorp, Gauteng

011 662 1929 · admin@mullies.net

 

 

error: Nope!