Administratiewe Personeel

Suzette Forrester
Ontvangs & inskrywings
Suzette het ‘n passie om met mense te werk, te help en te ondersteun. Verantwoordelikhede by Muldersdrif is sekretarieël en ontvangs. Hou van uitdagings en probleemoplossings. Sy probeer positief bly in alle omstandighede. Sy het ‘n liefde vir kinders en medemens.

Lynette Smit
Finansies
Lynette Smit het ‘n hart vir mense en sy streef daarna om ‘n verskil te maak. Sy sien haar pos by Laerskoof Muldersdrif as ‘n geleentheid waardeur sy ‘n verskil kan maak, of dit nou is deur haar werk as Finansiele Assistent of deur haar kontak met personeel, ouers en kinders. Sy is ‘n diensbare persoon wat ander wil help. Sy glo mens moet in die nou leef en daarom maak sy die skool se leuse “Doen dit nou” deel van haar dag.

Marlene Cunliff
Besigheidsbestuur
Marlene hou toesig oor die sakebestuur van die skool – sy bestuur die finansiële, administratiewe, menslike hulpbronne, gesondheid & veiligheid en sekere logistieke aspekte van die skool, sodat dit op die mees effektiewe en doeltreffende manier gedoen word. Sy is verantwoordelik vir die voorsiening van professionele leierskap en bestuur van skoolondersteuningspersoneel om hul doeltreffendheid te verbeter ten einde verbeterde standaarde van leer en prestasie in die skool te behaal.

Phil-Marie Theron
Admin
Phil-Marie is ‘n baie gefokusde persoon om ‘n sukses te maak van wat sy aanpak. Kinders is haar passie en sy geniet om met hulle te werk. Sy is hou baie van oefen, kos maak en die natuurlewe.

Godwin Moagi
Admin
Godwin het begin by Laerskool Muldersdrif in Februarie 2021. Hy doen die afrolwerk by Mullies en help met afwesighede. Hy is ‘n baie vriendelike, hulpvaardige, betroubare en hardwerkende persoon wat daarna streef om sy beste te gee in alles wat hy doen.
Kontak ons
Hoek van Hendrik Potgieter en R28
Muldersdrif, Krugersdorp, Gauteng
011 662 1929 · admin@mullies.net
Kontak ons
Hoek van Hendrik Potgieter en R28
Muldersdrif, Krugersdorp, Gauteng
011 662 1929 · admin@mullies.net