Beheerliggaam 2021 – 2024
Beheerliggame van openbare skole het groot verantwoordelikhede ingevolge die Skolewet om skole op ‘n volhoubare wyse te bestuur.
Die beheerliggaam van Mullies wil egter nie net bestuur en instandhou nie, maar voortdurend innoveer, die belange van ons kinders op die hart dra en ons skool binne ‘n dinamies-veranderende onderwysomgewing gunstig bly posisioneer. Ons bekwame beheerliggaamlede doen dit gesamentlik as ‘n goed-funksionerende span & in hulle onderskeie portefeuljes soos hieronder uiteengesit.
Die beheerliggaam bestaan uit 11 lede. Die 11 lede bestaan uit ouerverteenwoordigers, verteenwoordigers van die onderwyspersoneel, nie-onderwyspersoneel en die hoof. Die is tot verdere kennisgewing `n tydelike indeling van beheerliggaamslede.

Eloise Viljoen
Voorsitter

Catherine Pienaar
Fondsinsameling

Paula vd Merwe
Gekoöpteerde lid

Renette de Bruyn
Tesourier

Johané van Niekerk
Personeellid

Marlene Cunliff
Sekretaresse

Herman Byleveld
Personeellid

Willem Nel
Ouerlid

Neline Lindes
Personeellid