Kultuur
By Laerskool Muldersdrif neem ons wyd deel aan kultuuraktiwiteite. Die leerders neem elke 3de jaar deel aan ʼn passievolle Revue. Ons neem deel aan verskeie Redenaarskompetisies, Raca, Talent Africa en Sing in Harmonie. Dis belangrik om ons leerders se talente te ontwikkel en hulle samewerking, deursettingsvermoë en absolute toewyding te leer.
Laerskool Muldersdrif Kore
Laerskool Muldersdrif is bevoorreg om te kan sê: “Hier by Mullies hou ons kinders van sing!”
Ons junior- en senior kore kan met trots die woorde van ABBA- raaksing; “Thank you for the music, the songs we’re singing!” Koorsang by ons skool word gekenmerk aan massadeelname waar ons Mullies die geleentheid het om hulself uit te leef, te ontwikkel en die genot van musiek te beleef. Ons glo in spanwerk waar elke stemmetjie deel vorm van die globale koorervaring.
Juffrou Chani Mouton is ons koordirigent, meneer CJ Nel tree op as koorbegeleier en tannie Renette Wolfaardt as kooradministrateur. Ons repertoire is vanjaar gevul met harmonieuse klanke, liedere gekomponeer deur ons eie meneer CJ en “goue oues” wat weer die lig sien.
Hou ons koortuiste dop- daar steek ‘n aangename verrassing “voete” uit!
Uur vir Kultuur
Jaarliks kry die onderwysers geleentheid om hul passie met die kinders te deel en ‘n liefde vir alle kultuuraktiwiteite te kweek. Ons wil graag u as ouer versoek om u kind te ondersteun en te motiveer om deel te wees van die projek.
Almal is baie welkom!
‘n Uitstallings van al die produkte word dan in die skoolsaal aangebied sodat al die ouers en natuurlik oupa’s en ouma’s kan kom kyk!
Kontak ons
Hoek van Hendrik Potgieter en R28
Muldersdrif, Krugersdorp, Gauteng
011 662 1929 · admin@mullies.net
Kontak ons
Hoek van Hendrik Potgieter en R28
Muldersdrif, Krugersdorp, Gauteng
011 662 1929 · admin@mullies.net