Gebore klein, uit oorlogsnood
Verrys ons skool nou skoon en groot
Hier op die kruis van vlak en rant
En waar die stad se liggies brand
Smee die gedagtes tot die daad
Tot in die kleinste toe getrou
Uitstel word afstel ewig laat
Doen dit nou, doen dit nou , doen dit nou
Hier is dit waar ons speel en leer
En na die toekoms op masjeer
Met hoop en kennis toegerus
Van liefde en geloof bewus
Smee die gedagtes tot die daad
Tot in die kleinste toe getrou
Uitstel word afstel ewig laat
Doen dit nou, doen dit nou , doen dit nou!