Welkom by Laerskool Muldersdrif!
Snuffel gerus deur ons Webtuiste en sien nuusbrief vir nuutste nuus en gebeure by Laerskool Muldersdrif. SkoolfondsKontak OnsEerlikheid · Selfbeheersing · Deursettingsvermoë · Pligsgetrouheid · Verantwoordelikheid · Respek
Ons is trots op ons pragtige skoolterrein. Waar die hoenders vry loop tussen gelukkige kaalvoet kinders.
Akademie & leerderondersteuning
By Laerskool Muldersdrif werk ons hard om die beste vir elke leerder en onderwyser te bied. `n Liefde vir lees word in elke Mullie maat gekweek, waar liggaamlike beweging deur Kinderkinetici bevorder word. Elke Mullie maat se unieke behoeftes word na omgesien deur ons leerderondersteuningspan.
Vir meer inligting oor akademie kontak Juf. Elsabé Joubert: ✉
Mnr. Manie Kriel: ✉
Vir meer inligting oor leerderondersteuning kontak Juf. Johané van Niekerk: ✉
Sport
Hier word ʼn baie wye verskeidenheid sport aangebied. Elke leerder kry die geleentheid om deel te neem aan ʼn sport volgens elke unieke leerder. Daar word op massa deelname gefokus. Afrigters fokus daarop om die beste vir elke kind te bied. Alle ouderdomme kry die kans om deel te neem.
Vir meer inligting kontak Juf. Elra Blacquiere: ✉
Kultuur
By Laerskool Muldersdrif neem ons wyd deel aan kultuuraktiwiteite. Die leerders neem elke 3de jaar deel aan ʼn luisterryke Revue. Ons neem deel aan verskeie Redenaarskompetisies, Raca, Talent Africa en Sing in Harmonie. Dis belangrik om ons leerders se talente te ontwikkel en hulle samewerking, deursettingsvermoë en absolute toewyding te leer.
Vir meer inligting kontak Juf. Nandi Jansen van Vuuren: ✉
Kleuter Akademie: Stop, dink en doen die regte ding.
Hier by die Kleuter Akademie is ons waarlik soos een groot familie en elke kleuter trap diep spoortjies in ons harte. So liefste Nullie stap jou kleuterskooljare met verwagting tegemoed en mag jy nog baie harte raak, want Liewe Jesus het jou so mooi gemaak.
Hoekom Mullies?
Ons erken alle betrokkenes by Mullies oor die afgelope jare en is oortuig dat suksesvolle onderrig gesetel is in passievolle betrokke personeel.
Bekwame personeel en betrokke ouers die fondament in die onderwys. Mullies strewe onverpoos na die ontwikkeling van onbesproke karakters en talente.
Alle eer aan Hom wat alles moontlik maak.
Kontak ons
Hoek van Hendrik Potgieter en R28
Muldersdrif, Krugersdorp, Gauteng
011 662 1929 · admin@mullies.net
Kontak ons
Hoek van Hendrik Potgieter en R28
Muldersdrif, Krugersdorp, Gauteng
011 662 1929 · admin@mullies.net