Naskoolsentrum

Ons naskoolsentrum bestaan tans uit om en by 160 leerders en 6 entoesiastiese personeellede. Ons bied kwaliteit diens aan ons leerders wat smiddae by ons deurbring. Hiermee kry hulle die geleentheid om buitemuurse aktiwiteite by te woon en in ʼn rustige atmosfeer hulle studie kan voltooi.

Ons bied interessante vakansiepret aan en is alle vakansies oop. Slegs gesluit vanaf die 16 Desember tot die tweede week van Januarie.

ʼn Diens waarop ons trots is!

Naskoolsentrum beleid

Die naskoolsentrum stel hom dit ten doel om beskikbaar te wees vir leerders wie se ouers voldag werksaam is en nie behoorlike toesig tuis kan bied nie. Dit is vir die Skool van kardinale belangrik dat die sentrum leerders ondersteun met behoorlike toesig, beheer en kontrole.

Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon, huiswerk te doen tydens ‘n studiesessie en sosiaal met maats te verkeer.

Die sentrum stel hom ten doel om ‘n uitstaande diens te lewer wat voldoen aan hoe standaarde. ‘n Kontrakvorm met persoonlike gegewens van elke leerder, insluitende sy graad en klasonderwyser se besonderhede word deur die ouers geteken en op leer geplaas.

Fooie
Tye
  • Die sentrum sal bedryf word gedurende skooltermyne vanaf 12:45 tot 17:30.
  • Die tye tydens skoolvakansies is vanaf 07:00 tot 17:30.
  • Die sentrum sal gesluit wees tydens die Desember en Junie / Julie skoolvakansies (Datums word skriftelik deurgegee).
  • ‘n Boete van R60 per kwartier of gedeelte daarvan sal onmiddelike betaalbaar wees indien die ouer versuim om die kind by die sentrum af te haal voor 17:30 op enige dag.
  • Verpligte tye vir huiswerk / studie sal gedurende skooltermyne onder toesiq van gekwalifiseerde, opgeleide fasiliteerders gehandhaaf word, vanaf 14:30 tot 16:00. L.W. Nie individuele onderrig nie, sleqs toesig, beheer en kontrole.
  • Hulp sal wel verleen word. Voorsiening word gemaak vir leerders wat aan sport en/of kultuuraktiwiteite deelneem.
Voeding
  • Die sentrum verskaf nie etes aan naskool leerders nie, en ouers moet toesien dat daar genoegsame kos en drinkgoed vir die kinders ingepak word.
Toesig
  • Die ouer/ ouers onderneem om voor 09:00 vir Me. Lynette Smit te skakel by 011-662 1929 of epos aan naskool@mullies.net, indien die kind nie die betrokke dag die sentrum sal bywoon nie.
  • Die ouer onderneem om nie die kind van die sentrum te verwyder of om toe te laat om die sentrumterrein te verlaat alvorens die aftekenregister wat daagliks deur die ouer ondertekem moet word, nie geteken is nie.
  • lngeval van siekte is die ouer verantwoordelik om die sentrum in kennis te stel van hoe lank die kind afwesig sal wees.
  • Geen kind mag van die sentrum afgehaal word deur enige persoon behalwe die ouer tensy die ouer die sentrum skriftelik in kennls gestel het van die naam en adres van die betrokke persoon wat die kind sal afhaal. Sodanige skriftelike toestemming moet die proefhandtekening bevat van die persoon wat die kind mag afhaal en die sentrum mag bewys van identiteit van sodanige persoon versoek indien hul dit nodig ag. lndien alternatiewe reelings met die kind getref word moet die Naskoolsentrumpersoneel skriftelik in kennis gestel word.
  • Geen telefoniese toestemming met betrekking tot die afhaal van die kind of die verlaat van die terrein deur die kind, sal toegelaat word tensy die ouer skriftelik so ‘n reeling met die sentrum gemaak het nie.
  • Die ouer magtig hiermee die sentrum onherroeplik om die kind op sodanige uitstappies te neem as wat die personeel van die sentrum van die tyd mag goeddink.
  • DIE NASKOOLSENTRUM IS NIE VERANTWOORDELIK AS NASKOOLSENTRUMLEERLINGE DIE SKOOL TERREIN SONDER TOESTEMMING VERLAAT NIE.
  • Die sentrum en sy personeel sal poog om na die beste van hul vermoë alle voorsorg te tref teen beserings, ongelukke of siektes van welke aard ook al hetsy by die sentrumterrein of tydens uitstappies.
  • Die ouer vrywaar egter hiermee namens die ouer, regsverkrygendes, sy erfgename en eksekuteurs en die kind vir die Laerskool Muldersdrif, die sentrum, hul beamptes en werknemers teen, en onthef en stel hul hiermee vry van enige aanspreeklikheid vir en ten opsigte van enige skade van watter aard ookal en enige regsuitgawes of kostes wat mag voortspruit uit enige eis as gevolg van die dood van, of siekte of besering wat deur die kind opgedoen mag word tydens die kind se bywoning van die sentrum of enige uitstappies wat daarmee gepaard gaan.

 

Toetstemming
  • Die ouer dra hiermee sy magte as ouer / voog oor aan die sentrum met betrekking tot enige mediese behandeling van welke aard ookal wat vir die kind mag nodig wees in die sentrum se absolute en eie diskresie.
  • Die ouer bevestig hiermee, behalwe soos vervat al die persoonlike besonderhede hierby aangeheg, dat die kind nie enige allergiee, geneigdheid tot abnormale bloeding of gesondheidsafwykings van enige aard het nie.
  • Die ouer onderneem om op aanvraag aile medies rekeninge en hospitaal rekeninge van welke aard ookal te betaal ingeval enige mediese versorging van die kind nodig mag blyk soos hierintevore vermeid.
Persoonlike Besittings
  • Alle besittings en klere moet deeglik gemerk word.
  • Geen aanspreeklikheid van welke aard ookal word aanvaar vir die verlies, beskadiging of vernietiging van enige persoonlike besittings nie wat ookal die oorsaak van sodaige skade mag wees nie.
  • Die ouer sal die kind voorsien van speelklere ten einde die kind se skoolklere te beskerm.
Mediese Sorg
  • Die ouer dra hiermee uitdruklik sy magte as ouer / voog oor aan die sentrum met betrekking tot enige mediese behandeling yan welke aard ookal wat vir die kind mag nodig wees tydens bywoning van die sentrum en wei so in die sentrum se absolute en eie diskresie.
  • Die ouer onderneem hiermee om die sentrum skriftelik in kennis te stel indien die kind enige medikasie hoegenaamd gebruik. Die ouer onderneem om die sentrum skriftelik in kennis te stel wat die dosering en uitwerking van sodanige medikasie is. Die ouer onderneem om persoonlik toe te sien dat die medikasie aan die betrokke sentrumpersoneellid oorhandig word, welke personeellid sal toesien dat die verlangde dosis medikasie volgens voorskrif toegedien word.
  • Nog die skool en/of naskoolsentrum, sal verantwoordelik wees indien die kind weens verkeerde en/of oordosering van medikasie siek word of sterf indien die ouer versuim om die sentrum skriftelik in kennis te stel dat die kind medikasie gebruik en sodanige medikasie nie aan die betrokke sentrumpersoneellid oorhandig word nie.
  • Die ouer bevestig hiermee dat behalwe soos vervat in die persoonlike besonderhede hierby aangeheg, die kind nie enige alergiee, geneigdheid tot abnormale bloeding of gesondheidsafwykings van enige aard het nie.
  • Die ouer onderneem om die sentrum skrittelik in kennis te stel indien die kind positief toets vir HIV of VIGS. Die sentrum onderneem om sulke inligting slegs op die hoogste vlak van bestuur en dan streng konfidensieel te hanteer.
  • Die ouer onderneem om op aanvraag aile mediese en hospitalisasierekeninge van watter aard ookal te betaal ingeval enige mediese versorging van die kind nodig mag blyk soos hierinvorentoe vermeld.
Algemeen
  • Die ouer bevestig dat die bestuur van die sentrum van tyd tot tyd dit nodig mag vind om sekere addisionele reëls en regulasies tot hierdie dokument toe te voeg in hulle absolute eie diskresie.
  • Die ouer waarborg en onderneem om enige skade van welke aard ookal wat deur die kind berokken mag word aan enige eiendom of die persoon van die Sentrum, enige personeel of enige ander kind of persoon wat die skoolterrein mag besoek tydens die kind se bywoning by die sentrum onmiddellik op aanvraag vergoed.
Beëindiging

Die voorwaardes en reels wat hiermee onderteken word (en ingelyks die kind se bywoning van die sentrum) mag slegs beeindig word indien:

  • die ouer die sentrum 1 (een) kalendermaand voorafgaande skriftellke kennis gee dat die kind nie meer die sentrum sal bywoon nie; of
  • deur die sentrum, onmiddellik en sonder kennisgewing indien:
    • Die ouer nie enige gelde hierkragtens betaalbaar stiptelik op die betaaldag betaal nie; of
    • Die ouer of die kind enige voorwaardes of regulasies hiervan nie stiptelik sou nakom nie; of
  • deur die sentrum aan die ouer 1 (een) kalendermaand skrifteilke kennis gee van voorneme om die kind die bywoning van die sentrum te beeindig.
Algemene Voorwaardes
  • Die ouer bevestig dat geen verslapping of uitstel verleen deur die sentrum aan die ouer ten opsigte van die nie-nakoming van enige van die bepalings hiervan die sentrum sal benadeel om sy regte in terme hiervan onmiddellik uit te oefen nie.
  • Die ouer bevestig dat hierdie die geheel van die ooreenkoms tussen die sentrum en die ouer is en dat geen wysiging hiervan van krag sal wees tensy dit deur albei partye onderteken is nie.
  • Die ouer bevestig dat die inligting gegee op die persoonlike besonderhede hierby aangeheg waar en korrek is in aile opsigte.

Kontak ons

Hoek van Hendrik Potgieter en R28
Muldersdrif, Krugersdorp, Gauteng

011 662 1929 · admin@mullies.net

 

Kontak ons

 

Hoek van Hendrik Potgieter en R28
Muldersdrif, Krugersdorp, Gauteng

011 662 1929 · admin@mullies.net

 

 

error: Nope!