Bestuurspan

Herman Byleveld

Herman Byleveld

Skoolhoof

Herman Byleveld hou die afgelope 27 jaar skool aan die Wesrand . Hy glo daarin dat elke mens en veral kinders se passie en belangstelling ontdek moet word om sodoende hulle beste te lewer,elke mens het ‘n “skakelaar” sit dit aan en dinge gebeur. Karakterontwikkeling staan voor in die ry aangesien ons elkeen in verhouding tot ons God en die mense om ons lewe.

Frikkie Klopper

Frikkie Klopper

Adjunkhoof

Frikkie is baie passievol oor onderwys. Hy voel baie sterk dat onderwys die basis vorm van positiewe groei in alle samelewings. Hy hou van dinamiese groei en ontwikkeling en probeer gereeld nuwe idees implementeer in sy benadering tot skoolbestuur en hoe hy sy klasse aanbied.

Manie Kriel

Manie Kriel

Departementshoof: Intersentfase

Mnr. Manie onderrig tans die Wiskunde vir die gr.6-leerders. Hy is al meer as ‘n dekade betrokke by Mullies. Mnr. Manie het al oor die jare verskeie sportsoorte afgerig, nl. rugby , krieket, atletiek, skaak en tennis. Sy stokperdjies sluit in: tuinmaak, kweek van bonsaiboompies , stap in die natuur en hy luister graag musiek – sy sielskos – soos hy dit stel.

Trudie Kriek

Trudie Kriek

Departementshoof: Grondslagfase

Juffrou Trudie het self 4 kinders en 5 kleinkinders. Haar lewensuitkyk is vervat in Koos du Plessis se liedjie: ” Wat ek is , is net genade. Wat ek het is net geleen!” Na 38 jaar onderwyservaring is dit steeds vir haar nie ‘n beroep nie maar ‘n Godgegewe roeping en” belê ” sy nog daagliks in kinders se lewens sodat hulle ” dividente” kan trek vir hul volwasse lewens vorentoe.

Neline Lindes

Neline Lindes

Waarnemende Departementshoof: Graad 7

Neline Lindes gee al 24 jaar skool en het ondervinding in Hoofstroom onderwys, Spesiale onderrig en die privaatsektor. Sy is verantwoordelik vir die algemene bestuur, organisasie en ontwikkeling van Kultuur aktiwiteite van die skool. Sy rig atletiek en Netbal af en is ook verantwoordelik vir die Drama groep. Sy hou van skilder en fliek kyk.

Paula van der Merwe

Paula van der Merwe

Kleuterskool hoof

Juffrou Paula van der Merwe, is die Hoof by Nullies Kleuterskool. Sy is ook die juffrou in die Beertjieklas vir die Gr.00. Sy rig netbal af vir die o/6 meisie en krieket vir die o/6 seuns en hokkie vir die 0/8 dogters.

Marlene Cunliff

Marlene Cunliff

Kantoorbestuur

Marlene hou toesig oor die sakebestuur van die skool – sy bestuur die finansiële, administratiewe, menslike hulpbronne, gesondheid & veiligheid en sekere logistieke aspekte van die skool, sodat dit op die mees effektiewe en doeltreffende manier gedoen word. Sy is verantwoordelik vir die voorsiening van professionele leierskap en bestuur van skoolondersteuningspersoneel om hul doeltreffendheid te verbeter ten einde verbeterde standaarde van leer en prestasie in die skool te behaal.

Kontak ons

Hoek van Hendrik Potgieter en R28
Muldersdrif, Krugersdorp, Gauteng

011 662 1929 · admin@mullies.net

 

Kontak ons

 

Hoek van Hendrik Potgieter en R28
Muldersdrif, Krugersdorp, Gauteng

011 662 1929 · admin@mullies.net