Oor ons

Laerskool Muldersdrif is `n Afrikaanse medium skool in die Wesrand omgewing.

Die huidige perseel is die derde skoolgebou van Laerskool Muldersdrif. Dis ge-open op 15 September 1973.

Laerskool Muldersdrif het in 2019 sy 110 jarige bestaan, gevier. Jare leer ons wat dae nie weet nie, ons is dankbaar vir dit wat verby is en sien opgewonde uit na die toekoms.

Laerskool Muldersdrif is `n waardegedrewe skool. Ons streef na die ontwikkeling en voortleef, asook kweek van karaktereienskappe en talente. Ons het `n gestruktueerde waardeprogram met alle rolspelers ten volle betrokke en ondersteunend.

Mullies se grootse bate is ons mense, sy verhoudings tussen ons kinders, personeel, ouers en gemeenskap.

Ons doen dit deur akademie, kultuur en sport en groot klem val op die waardes, lewensvaardighede en ondersteuning. Mullies se waardes is eerlikheid, respek, pligsgetrouheid,selfbeheersing, deursettingsvermoë en verantwoordelikheid.

Ons volg die standaard CAPS-kurrikulum met verskeie vakgerigte en gespesialiseerde personeel met nagraadse kwalifikasies.

A

Missie

Die ontwikkeling en erkenning van elke kind se volle potensiaal ten opsigte van die volgende areas: Intellektueel, Fisies, Kultureel, Emosioneel, Interpersoonlike verhoudings, Geestelik, en Eties / Moreel

Deur:

Christelike waardes, Afrikaanse moedertaalonderrig,
Individuele aandag en massadeelname, Bekwame en passievolle span, Betrokke ouers, Goed ontwikkelde fasiliteite en infrastruktuur, Wetenskaplike skoolbestuur, Toegewyde en kundige leierskap, Optimale benutting van tegnologie, Mentorskap en deurlopende ontwikkeling.

A

Visie

Om met ‘n passievolle, waardegedrewe en toekomsgerigte benadering, vir elke kind ‘n tuiste te skep om hulle volle potensiaal te bereik.

Hoekom Mullies?

Ons erken alle betrokkenes by Mullies oor die afgelope jare en is oortuig dat suksesvolle onderrig & leer gesetel is in passievolle betrokke personeel.

Bekwame personeel en betrokke ouers is die fondament in die onderwys.  Mullies strewe onverpoos na die ontwikkeling van onbesproke karakter en talente ontwikkeling.

Alle eer aan Hom wat alles moontlik maak.

Kontak ons

Hoek van Hendrik Potgieter en R28
Muldersdrif, Krugersdorp, Gauteng

011 662 1929 · admin@mullies.net

 

error: Nope!