Skooldrag
Elke leerder by Mullies is in die proses om hul volle potensiaal te laat realiseer en dit te geniet binne die raamwerk van dissipline.
Die korrekte skooldrag vorm deel van hierdie dissipline en daarom versoek ons ouers om toe te sien dat die leerders ten alle tye amptelike skooldrag korrek en met trots dra.
Skooldrag is beskikbaar by:
AMOD EN SEUNS
191 Commissioner straat
Krugersdorp
Kontaknommer: (011) 660 2917
E-pos adres: amodsons@telkomsa.net
WhatsApp-nommer vir bestellings: Samantha, 065 957 8906
MULLIES KLEREBANK
Tye: Maandae en Donderdae, 7:00 tot 7:30
Sommige klere-items soos broeke, rompe, kouse, sokkies, skoene, tekkies en haarbykomstighede is beskikbaar by verskeie kettingwinkels.

SOMERSKOOLDRAG:
SEUNS
Grys kortmougholfhemp met skoolwapen
Grys kortbroek
Grys, kniehoogte skoolkouse
Swart skoolskoene met veters
Groen skooltrui met wapen
Groen skooloortrektrui
Groen kleurbaadjie (Slegs Gr. 4-7)
Groen breërandhoed – opsioneel
of Groen pet met wapen – opsioneel
.
DOGTERS
Grys kortmougholfhemp met skoolwapen
Grys romp met verpligte groen spanbroekie
Grys, enkelhoogte skoolkouse
Swart skoolskoene sonder veters
Groen skooltrui met wapen
Groen skooloortrektrui
Groen kleurbaadjie (Slegs Gr. 4-7)
Groen breërandhoed – opsioneel
of Groen pet met wapen – opsioneel
Rooi haarbykomstighede

WINTERSKOOLDRAG:
SEUNS
Grys langmougholfhemp met skoolwapen
Grys langbroek
Grys, kniehoogte skoolkouse
Swart skoolskoene met veters
Groen skooltrui met wapen
Groen skooloortrektrui
Groen kleurbaadjie (Slegs Gr. 4-7)
Groen skoolwintersbaadjie
Groen mus en serp – opsioneel
Groen handskoene – opsioneel
.
DOGTERS
Grys langmougholfhemp met skoolwapen
Grys langbroek met grys skoolkouse
of Grys romp met swart nie-deursigtige sykouse
Swart skoolskoene sonder veters
Groen skooltrui met wapen
Groen skooloortrektrui
Groen kleurbaadjie (Slegs Gr. 4-7)
Groen skoolwintersbaadjie
Groen mus en serp – opsioneel
Groen handskoene – opsioneel
Rooi haarbykomstighede


AKTIWITEITSDRAG:
Groen hemp met skoolwapen
Groen kortbroek met skoolwapen
Groen skoolsweetpak
Gewone grys, wit of swart, enkelhoogte sportsokkies (geen handelsmerke)
Sporttekkies
Groen breërandhoed
of Groen pet met skoolwapen

ATLETIEK / LANDLOOP
Rooi sportfrokkie met skoolwapen
Rooi, kort sportbroek met opsionele langer, groen spanbroek
Groen skoolsweetpak
Gewone wit, enkelhoogte sportsokkies
Sporttekkies
(Atletiekdrag hoef slegs aangekoop te word deur atlete wat aan byeenkomste deelneem)

RUGBY / TAURUGBY
Rugbytrui (voorsien deur skool)
Swart rugbybroek met opsionele swart spanbroek

NETBAL / MINI-NETBAL
0/6 – 0/12
Rooi sportfrokkie met skoolwapen
Rooi broekrompie
Gewone wit, enkelhoogte sportsokkies
Sporttekkies
0/13
Voorgeskrewe netbalrok
Verpligte groen spanbroekie onder rok
Gewone wit, enkelhoogte sportsokkies
Sporttekkies

HOKKIE / MINI-HOKKIE
Seuns
Rooi sportfrokkie met skoolwapen
Rooi hokkiebroek
(langer as sportbroek vir atletiek / landloop)
Rooi, kniehoogte hokkiekouse
Sporttekkies

HOKKIE / MINI-HOKKIE
Dogters
Rooi sportfrokkie met skoolwapen
Rooi broekrompie
Rooi, kniehoogte hokkiekouse
Sporttekkies

KRIEKET / MINI-KRIEKET
Wit kortmougholfhemp met skoolwapen
Wit rugbybroek met opsionele wit spanbroek
Wit, kniehoogte skoolkouse
Sporttekkies

TENNIS
Seuns
Wit kortmougholfhemp met skoolwapen
Wit kortbroek
Gewone wit, enkelhoogte sportsokkies
Sporttekkies
Dogters
Wit kortmougholfhemp met skoolwapen
Wit kortbroek of romp
Gewone wit, enkelhoogte sportsokkies
Sporttekkies

GHOLF
Wit kortmougholfhemp met skoolwapen
Roomkleurige “Chino” kort- of langbroek
Gewone wit, enkelhoogte sportsokkies
Sporttekkies

SKAAK
Sien Skooldrag
VERTEENWOORDIGENDE DRAG:
Ons wil graag erkenning gee aan ons leerders wat buite skoolverband aan buitekurrikulêre aktiwiteite deelneem en presteer. Leerders wat streeks, provinsiale en/of nasionale prestasies behaal het en verteenwoordigende drag ontvang het as erkenning, mag hierdie drag gedurende die jaar op ’n Vrydag skool toe dra. Die voorreg vir die dra van verteenwoordigende drag is nie vanselfsprekend nie en ouers/voogde word versoek om aansoek te doen by die sport- en/of kultuurorganiseerder om toestemming te verleen daartoe.
Vir meer inligting en aansoek om toestemming voltooi asb. die onderstaande vorm.
AANSOEK vir verteenwoordigende drag
DATUMS VAN WINTER- / SOMERSDRAG:
Winter: 2de en 3de kwartaal
Somer: 1ste en 4de kwartaal
1 September jaarliks tot en met vakansie in September: winter- of somersdrag na gelang van weersomstandighede.
BORGSKAPPE:
Indien u belangstel om enige klere of bykomstighede te borg, word u vriendelik versoek om die sport- en/of kultuurorganiseerder te kontak vir riglyne.
Sportorganiseerder: Elra Blacquiere, elra@mullies.net
Kultuurorganiseerder: Deoné Terblanche, deone@mullies.net
LET ASB. OP DIE VOLGENDE:
- Merk asb. alle kledingstukke duidelik.
- Leerders afkomstig van ander skole het ’n kwartaal grasie vir die vervanging van die skooldrag.
- Leerders mag in die somer kaalvoet skool toe kom.
- Tekkies slegs toelaatbaar by skoolsweetpak.
- Skoolkleurbaadjie vir Gr. 4-7 moet met swart skoolskoene gedra word.
- Geen ander baadjie, bv. Drimac mag gedra word nie. Slegs voorgeskrewe baadjies.
- Slegs rooi haarbykomstighede word gedra saam met die skool- en sportdrag. Geel of groen is nie toelaatbaar nie.
- Daar word sterk aanbeveel dat die voorgeskrewe breërandhoed of pet gedra word tydens BK en sportgeleenthede.
- Spanbroeke (“skipants”) word slegs onder ander broeke bv. sport- en rugbybroek gedra en nie alleen nie.
- Indien daar versoek word dat ’n denim gedra word vir enige skoolgeleentheid moet die volgende riglyne in ag geneem word:
- Denims moet gemaklik sit en nie noupassend of uitermatig wyd wees nie.
- Gebleikte of geskeurde denims word nie toegelaat nie.
Kontak ons
Hoek van Hendrik Potgieter en R28
Muldersdrif, Krugersdorp, Gauteng
011 662 1929 · admin@mullies.net
Kontak ons
Hoek van Hendrik Potgieter en R28
Muldersdrif, Krugersdorp, Gauteng
011 662 1929 · admin@mullies.net