Onderrigpersoneel

Lizelle Pretorius
Gr.000 Pou-Klas
Juf. Lizelle se lewensfilosofie is, “Go ahead, underestimate me. “Hierdie filosofie dra sy oor aan haar Gr.OOO Pou-Klassie. Sy glo dat haar poue se vermoë nie onderskat moet word nie. Dit is haar verantwoordelikheid en missie om haar leerders tot hul volle potensiaal en meer laat bereik. Leer deur speel!

Carné Eksteen
Gr.00 Graadhoof
Hierdie passievolle juffrou is altyd reg vir ‘n uitdaging wat met entoesiasme aangepak word. Juf. Carné sien potensiaal in die kleiner Gr.00 en ag haar Vlinder-maats se vordering baie hoog. Juf. Carné is ‘n avontuurluurlustige mens en hou daarvan om fiks te bly.

Paula van der Merwe
Kleuterskoolhoof. Gr.00 Beertjie-klas
Juffrou Paula van der Merwe, is die Hoof by Nullies Kleuterskool. Sy is ook die juffrou in die Beertjieklas vir die Gr.00. Sy rig netbal af. Haar passie is om kleuters in totaliteit te help ontwikkel.

Carike Durand
Gr.R Pikkewyn-klas
Carike Durand is ʼn Graad R onderwyseres en is die Graad R Graadhoof. Sy is hardwerkend, pligsgetrou en stiptelik. Sy is betrokke by mini – hokkie en netbal. Haar doelwit is om vir ‘n kleuter ‘n goeie fondasie te skep om die leerproses te vergemaklik. Haar inspirasie is om te sien hoe sy die lewens van die kleintjies kan verryk en ‘n verskil kan maak.

Jolandé Austin
Gr.R Hasie-klas
Vir juffrou Jolandé is onderwys `n roeping en sy het `n ongelooflike liefde en passie daarvoor. Dis `n geweldige verantwoordelikheid en `n uiterse beloning. Sy is voorbereid, energiek en kreatief in haar klasaanbiedings. Sy sien elke leerder as `n unieke individu raak en streef daarna om elkeen te help om hul volle potensiaal te ontwikkel.

Stefanie Louw
Gr.R Bytjie-klas & Gr.R Graadhoof
Juffrou Stefanie wil elke dag haar Kleuters inspireer, motiveer en aanmoedig. Haar doel is nie net om hulle te help om die leerplan te bemeester nie, maar ook dat hulle ‘n aansteeklike entoesiasme vir leer moet kry. Sy glo dat elke kind die geleentheid verdien om hom of haar grootste potensiaal te bereik. As Gr.R onderwyser is sy verantwoordelik om die toekomstige generasies van ons gemeenskapsleiers voor te berei op akademiese, sosiale en professionele sukses.

Elsje Basson
Musiek Gr.000 - Gr.4
Juf. Elsjé se aanslag is gegrond op hierdie waarheid. Haar hart is om ‘n positiewe impak op haar leerders te hê deur ‘n spasie te skep waar elke leerder, as unieke individu, deur die medium van musiek, drama & dans hulle kreatiewe kante kan uitleef en ontwikkel. Juf. Elsjé het ‘n graad in Sielkunde. Sy het haar studies by UNISA voltooi. Sy werk al sedert 2012 in die Vroeë-kinderjare Ontwikkelings- sphere waar sy musiek, drama en bewegingsspel aanbied. Juf. Elsjé het in 2022 by Mullies aangesluit as die nuwe Musiekonderwyser vir Gr.000- Gr.4. Sy is bederf met twee seuns en geniet die tyd saam met haar gesin terdeë.

Liezl van der Merwe
Gr.1/1
Juffrou Liezl is ‘n Graad 1 onderwyser by Mullies en is al `n onderwyser vanaf 2004. Haar passie is om kinders te leer en hulle te sien ontwikkel in onafhanklike leerders met ‘n liefde vir leer. ‘n Leuse na aan haar hart is: “Kies aanmoediging oor kritiek, grasie oor veroordeling en geloof oor vrees!”

Sonet Els
Gr.1 Graadhoof. Gr.1/2
Sy is ‘n posvlak 1 onderwyser in die Grondslagfase en betrokke as Graadhoof by die Graad een groep. Sy het 34 jaar onderwyservaring in die verskillende fases van die Grondslagfase; Graad 1 – 3, waarvan 20 jaar by Muldersdrif se Graad 1 groep is.
Sy voel haar ‘n geroepe onderwyser waarin sy haar passie en liefde teenoor kinders kan uitleef.

Erika Blake
Gr.1/3
Erika Blake het 28 jaar onderwyservaring. Sy het as beginner-onderwyseres in ʼn spesiale-behoefte klassie goeie ondervinding opgedoen en daarna vir 12 jaar in ʼn Gr. 1 klas haar passie uitgeleef. Erika het in 2006 by Laerskool Muldersdrif se Graad 2 klas aangesluit. Sy het haar vlerke na Graad R gesprei vir 10 wonderlike jare! In 2018 aanvaar sy die aangename uitdaging om weer na Graad 1 te skuif. Erika vind haar vreugde in haar werk en wil graag ʼn positiewe verskil maak binne en buite haar klas.

Chantelle Dempers
Gr.2/1
Juffrou Chantelle Dempers is ʼn baie passievolle Juffrou. Sy is baie opgewonde om in 2021 by die Graad 2`s te wees. Juffrou Chantelle is betrokke by netbal – en krieketafrigting.

Tersia Pretorius
Gr.2 Graadhoof. Gr.2/2
Juffrou Tersia Pretorius is ‘n Grondslagfase onderwyseres by Gr. 2/2. Sy is Mullies se Skaak-organiseerder. Sy het meer as 20 jaar se ondervinding in onderwys, waarvan die afgelope 13 jaar by Laerskool Muldersdrif spandeer is. Sy het ‘n passie vir mense en diere.

Erna Breedt
Gr.2/3
Juf. Erna is ʼn Gr. 2 onderwyseres. Sy organiseer die mini-hokkie, en is betrokke by mini-netbal afrigting. Juf. Erna het haar Bed (Grondslagfase) graad by Noordwes-Universiteit voltooi. Sy hou al vir meer as 15 jaar skool, en het al in Taiwan skoolgehou. Juf. Erna spandeer graag haar vrye tyd saam met haar gesin.

Chantelle Lombaard
Gr.2/4
Juffrou Chantelle is `n Graad 2 onderwyseres. Sy het haar Honneurs graad in Opvoedkunde Sielkunde by die Noord-Wes Universiteit voltooi en is baie passievol oor leerderondersteuning in en buite die klaskamer. Sy vorm deel van skool se SBST as berader. Met ‘n dankbaar hart pak sy die lewe entoesiasties aan.

Sonia Swanepoel
Gr.3/1
Sonia Swanepoel is ʼn onderwyseres by Gr. 3. Sy is reeds 12 jaar by Muldersdrif. Voorheen was sy betrokke by Laerskool Millennium waar sy die Remediëringsklas behartig het. Sy het haar Onderwysopleiding in Potchefstroom vir vier jaar gedoen, en het daarna ook ʼn 2 jaar verdere opleiding gedoen om met Remediëring te kan help.

Janneke van Biljon
Gr.3/2 & Gr.3 Graadhoof
Juffrou Janneke van Biljoen is deel dan die Graad 3 span en is van 2019 `n onderwyseres by Laerskool Muldersdrif. Sy het `n passie vir Netbal en om dit af te rig. Sy geniet dit om alledaagse uitdagings aan te pak.

Nadine van Heerden
Gr.3/3 & Grondslagfase Departementshoof
Juf. Nadine is al vanaf 2016 ‘n onderwyseres by Mullies. Sy glo daarin om elke kind se potensiaal raak te sien en te ontwikkel, en so ook om elke kind veilig en geliefd te laat voel. Sy het ‘n Honneursgraad in beide Onderwysbeleid en Bestuur sowel as Kriminologie. Sy geniet dit graag om in haar vrye tyd te hardloop, oefen en so ook tyd saam met haar geliefdes te spandeer.

Christelle Cornelissen
Gr.3/4
Juffrou Christelle Cornelissen is ‘n jong energieke juffrou wat in 2021 by ons Gr.3`s begin het. Haar vriendelike glimlag helder haar klas op. Sy organiseer mini-netbal en is betrokke by mini-hokkie afrigting. Juffrou Christelle se lewensdroom is om op ‘n jong ouderdom al ‘n verskil in kinders se lewens te maak.

Elsabé Joubert
Gr.4 Departementshoof, Gr.4 Wiskunde.
Juf. Elsabé Joubert gee Wiskunde vir die graad 4’s. Sy is ongelooflik passievol oor haar vak en baie lief vir kinders. Sy is die ma van drie kinders. Sy geniet hokkie en is betrokke by die senior seunshokkie. Dit is vir haar belangrik om Jesus se liefde uit te leef en elke dag ʼn verskil te maak.

René van Loggerenberg
Gr.4 Afrikaans
Sy het haar B.Ed (Hons) voltooi en sien uit om ‘n groot bydrae tot die sukses van die skoolomgewing te lewer.Sy streef daarna om elke leerder te ondersteun om hulle volle potensiaal te bereik. Sy het `n passie vir Netbal en is betrokke by die Mullies se
0/11 netbal.

Nandi Jansen van Vuuren
Gr.7 Wiskunde & PSW, Wiskunde vakhoof.
Nandi Jansen van Vuuren is ‘n toegewyde en hardwerkende onderwyseres. Sy gee Wiskunde vir Graad 7’s. Sy het ook ‘n Graad 7 registerklas. Nandi is betrokke kultuuraktiwiteite soos dramatiesekunste en rig ook netbal af. Nandi is opgewonde om elke dag saam met die Mullies aan te pak!

Leoné Pieterse
Departementshoof, Gr.5 Wisk.
Leoné is ‘n liefdevolle persoon, wat glo elke dag is ‘n geskenk van God. Sy is deel van die leerderondersteunings span, tennis organiseerder van die skool en rig hekkies af. Sy is ook die skool se Wolkskool en SOS verteenwoordiger. Sy is ‘n familie mens, haar gesin en geliefdes kom altyd eerste. Ps. 139:14

Neline Lindes
Departementshoof Gr.7, EBW Vakhoof, Gr.4 & 5 SW.
Neline Lindes gee al meer as 25 jaar skool en het ondervinding in Hoofstroom onderwys, Spesiale onderrig en die privaatsektor. Sy is die akademiese hoof vir die intersenfase. Sy is algemene bestuur organiseerder van opleiding en ontwikkeling. Sy rig atletiek en Netbal af en is ook die Revue koördineerder. Sy hou van skilder bak, konfytkook en fliek kyk. Neline glo daar is niks in die lewe wat `n mens nie kan doen of leer nie, dit hang net van jou ingesteldheid en gesindheid af.

Leani Meintjes
Graadhoof Gr.5, BK Gr.4&5 , Gr.5 PSW, gr.5 NT
Juf. Leani gebruik haar persoonlike sterk punte, `n liefde vir leer en `n omgee-hart, om leerders in die klas te bemagtig om hulle volle potensiaal te bereik. Sy het haar doktorsgraad in Menslike Bewegingskunde verkry van NWU-PUK in 2012 en pas hierdie kennis toe om tydens BK `n liefde vir beweging by leerders te kweek. Sy is lief daarvoor om te lees en om verjaarsdagpartytjies vir haar kinders te reël. Sy probeer altyd om die silver randjie om elke donker wolk raak te sien.

Deoné Terblanche
Afrikaans Gr.6, Kuns vakhoof, Kultuurhoof
Juffrou Deoné Terblanche het `n groot passie vir die onderwys. Sy is mal oor studeer en spandeer baie tyd aan verdere, nagraadse studies. Sy is betrokke by Mullies se netbal, sowel as atletiek. Buiten haar passie vir Sport, het juffrou Deoné ook `n groot passie vir Kultuur. Sy is tans ook besig met haar Meestersgraad in Algehele Bestuur.

Dewan Helm
Gr.4 NT, Rugbyorganiseerder
Mnr Dewan se missie is om kinders tot die beste van sy vermoë te onderrig, hul van kennis te voorsien sodat hulle kan strewe na die beste moontlike toekoms. Hy is ‘n passievolle rugby afrigter en is ook betrokke by rugby organisering. Mnr Dewan is deel van die skool se noodhulp en beroepsgesondheid en veiligheid (She-rep). Mnr Dewan glo dat as jy die goeie plant, sal die mooi daaruit groei!

Ruben Louw
Gr.4 - 7 Rebotika.
Mnr. Ruben Phillip Louw, ook `n oud-Mullie, is ‘n energieke onderwyser. Hy het ‘n Diploma in Besigheidsbestuur en 4 jaar onderwysondervinding. Hy is passievol oor sy leerders en sport. Verder spandeer hy graag sy vrye tyd in die natuur met rotsklim en draf. Hy pak alles aan in die geloof en met baie positiwiteit.

Herman Byleveld
Skoolhoof, EBW Gr.7
Herman Byleveld hou vanaf 1992 skool aan die Wesrand. Hy glo daarin dat elke mens en veral kinders se passie en belangstelling ontdek moet word om sodoende hulle beste te lewer,elke mens het ‘n “skakelaar”ontdek dit,skakel aan en dinge gebeur. Karakterontwikkeling staan voor in die ry aangesien ons elkeen in verhouding tot ons God en die mense om ons lewe.

Alwyn Burger
Adjunkhoof, Afrikaans Gr.5
As ‘n dinamiese, entoesiastiese persoon, sien Mnr Alwyn sy lewenshandel as ‘n roeping en daarom stel hy hoë ideale en verwagtinge aan homself om sodoende die goeie karakter wat van homself as mens verwag word uit te leef.
As ‘n persoon met sterk Christelike beginsels poog hy deurentyd om deur hierdie beginsels reg te laat geskied aan homself en sy taak.
Hy poog om ‘n gesonde balans te handhaaf op alle terreine van die samelewing en sien die lewe as ‘n geleentheid en ‘n wonderlike uitdaging.

Jaco Groenewald
NT Gr.6, TEG Gr.7, PSW Gr.6
Mnr. Jaco is vanaf 2006 betrokke by Laerskool Muldersdrif. Hy is betrokke by Tegnologie, Natuurwetenskap, PSW, Atletiek, Swem, Krieket en is die Gr.7 Ambassadeurs voog. Hy glo dat elke kind die vermoë het om uit te blink in sy of haar belangstellings en respekteer elke kind as individu. Konsekwentheid en respek is vir hom belangrik. Hy spandeer sy vrye tyd voor die rekenaar met musiek- en videoredigering en geniet ‘n seevakansie.

Marnus Trumpelmann
BK Gr.6, SW Gr.6 & 7.
Marnus is ‘n onderwyser by Laerskool Muldersdrif die afgelope 10 jaar. Marnus was ‘n professionele golfspeler voor hy die onderwys betree het. Marnus se vakke wat hy aanbied in 2021 is SW en NT. Marnus is mal oor die bos en gaan elke jaar Krugerwildtuin toe. Marnus hou van tuinmaak en hy sal enige uitdaging aanpak met ywer. Marnus is getroud en het twee pragtige dogtertjies.

Manie Kriel
Departementshoof Gr.6, SW Vakhoof, Wisk Gr.6
Manie Kriel is verantwoordelik vir die graad 6 leerders se Wiskunde. Wat atletiek betref, is ek gemoeid met die afrigting van hoogspring. Ek is voorts verantwoordelik vir die akademiese aangeleeenthede van graad 4 tot 6 leerders. In my vrye tyd maak ek graag tuin en waag ek soms my hand aan ‘n skilderkwas.

Juan-Louis Cary-Smith
Engels Gr.5, Kuns Gr.5
Mnr Juan-Louis is betrokke by atletiek, rugby en krieket afrigting van die skool en is ook Mullies se Krieket Organiseerder, hy het `n passie om leerders te help om op beide akademiese en sportsvlak hul volle potentiaal te bereik.

Chani Mouton
Lees Gr1 - 7, Musiek vakhoof.
Juf. Chani se lewensfilosofie is lag, leer en leef in liefde.
Hierdie entoesiastiese juffrou sien onderwys as haar roeping. Sy is in 2022 die nuwe lees onderwyser by Mullies en sy het ‘n besonderse hart en liefde vir kinders. Juf. Chani is die dirigent van ons skool se kore en isbetrokke by die redenaars en ander kulturele aktiwiteite by die skool. Sy glo dat kinders elke dag moet lag en leer en sodoende voluit te kan kind wees! Sy is geseënd met twee dogters en geniet die lewe saam met haar gesin in oorvloed! Sy lees graag en leef naby aan God en die natuur… “kaalvoet loop, plat op die aarde is LEKKER loop”!

Lindy Phaal
Graadhoof Gr7, Afrikaans Gr.7, Kuns Gr.7
Juffrou Lindy se hart klop Afrikaans! Sy is baie opgewonde om deel van die Mullie-familie te wees en ʼn liefde vir letterkunde by die Mullies te kweek.
Juffrou Lindy het in Engeland en verskeie lande in die Midde Ooste gewoon en skoolgehou.
Sy skryf graag gedigte; is gek oor lees en het ʼn passie vir tieners.
Juffrou Lindy is intens bewus van God se genade in haar lewe en glo: As jy struikel, maak dit deel van die dans!

Leandrie Shaw
NT Vakhoof, Engels Gr.7, NT Gr.7
Juffrou Leandrie het vele jare se ondervinding in onderwys en is baie trots om deel te wees van die Mullies span. Sy het ‘n groot kennis oor Natuurwetenskap en lewe haar passie uit om elke dag met kinders te kan werk. Juffrou Leandrie is ook betrokke by netbal en hokkie afrigting. In haar vrye tyd geniet sy dit om tyd saam haar familie te spandeer.

Jamie-Leigh Venter
Engels Vakhoof, Engels Gr.6, BK Gr.6 & 7
Juf. Jamie-Leigh het ‘n entoesiastiese persoonlikheid en is betrokke by die skool se atletiek asook netbal waar sy groot planne het. Jamie-Leigh is ’n taak gedrewe persoon maar is nie bang vir uitdagings nie en kan vinnig oplossings vir probleme vind. Haar hart is absoluut vir die kinders en hulle belangstellings.

Estelle Strohmenger
Engels Gr.4
Juffrou Estelle is gemotiveerd om leerders te lei na vaardighede waarmee hulle vir die toekoms toegerus is. Sy glo die ondersteuning tussen ouer, leerder en onderwyser is belangrik. Buite skool hou sy van tuinmaak, lees en probeer huishou met haar sielsgenoot en twee tieners.

Elra Blacquiere
Sporthoof & Gr.R - Gr.3 BK fasaliteerder
My passie vir sport en oefening leef ek as netbal- en mini-krieket organiseerder by Mullies uit deur basiese vaardighede vas te lê.
Hou uit, hou aan, moet nooit opgee om jou drome te bewaarheid nie.

Johané van Niekerk
SBST Koördineerder, Departementshoof van Opvoedkundgeleiding
Juffrou Johané is passievol oor leerderondersteuning. Haar rol is om elke Mullie leerder ten volle by te staan met hul behoeftes en / of uitdagings. Sy is ook die juffrou wat grootmotoriese ontwikkeling gee vir Gr.000 & Gr.00 Nullie maats en geniet dit om `n liefde vir beweging te kweek.
Kontak ons
Hoek van Hendrik Potgieter en R28
Muldersdrif, Krugersdorp, Gauteng
011 662 1929 · admin@mullies.net
Kontak ons
Hoek van Hendrik Potgieter en R28
Muldersdrif, Krugersdorp, Gauteng
011 662 1929 · admin@mullies.net