Busvervoer & Parkering

Busvervoer:

Mullies bied twee busroetes aan, nl. Strubensvallei-roete en Pinehaven-roete.

Stubensvallei:

  • Strubensvallei enkel rit teen R360.00 en R600 vir dubbel rit

Featherbrook/Pinehaven:

  • Featherbrook R240.00 (slegs middae vervoer)

Parkering:

Ons wil u graag weer herinner om veilig te ry in die skoolgronde en die verkeershulp te respekteer.  Hulle doel is om te verseker die leerders en ouers veilig is en die verkeer ordelik vloei.  Respekteer asseblief die padtekens/rigtingaanwysings.

Wag-‘n-Bietjie bly die sentrale optel- en aflaaipunt vir die leerders.

Gebruik asseblief die grondparkerings (opsie 1 & 2) in die middae. Dit is nie ideaal nie, maar tref die nodige reëlings met u kinders vir veilige oplaai en aflaai.

Verseker asseblief ten alle tye dat u geen in- en uitgange of ander voertuie blok nie.

Baie dankie aan al die ouers wat met geduld en versigtigheid die uitdaging aanpak.