Aangesien drama beslis een van Mullies leerlinge se passie & sterkpunte is, bied Laerskool Muldersdrif Drama as kultuuraktiwiteit aan, nie as ‘n buite kurrikulêr nie,  maar as deel van die skool aktiwiteite.

Met hoogs bekwame afrigters soos Talita Landsberg en Neline Lindes, is daar geen keer aan die hoogtes wat die Mullies Drama Groep reeds bereik het en nog gaan bereik nie.  ʼn Hoogtepunt op die drama kalender is die groep se deelname aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste wat jaarliks in Rustenburg plaasvind.

Muldersdrif se leerlinge neem al die afgelope 5 jaar deel waar hulle jaarliks Provinsiale kleure verwerf.  Die leerlinge is dus so ook jaarliks verkies tot die Suid-Afrikaanse Span.

Die groep bestaan uit ongeveer 70 leerlinge en is oop vir enige Mullie-leerling vanaf graad R tot 7 met oudisies wat in Desember plaasvind.